Maurencia Gillion, ANC-LP in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP), is Dinsdag oorlede terwyl sy ’n werksessie van die NRP in Kaapstad bygewoon het.
Faiez Jacobs, ANC-LP in die Wes-Kaap, sê Gillion is aan “natuurlike oorsake” oorlede.
Die party het later in ’n kort verklaring bevestig dat Gillion oorlede is en haar as “ ’n getroue, beginselvaste en toegewyde kader” beskryf.