Deel

Mooi loop, Roger Federer, en dankie vir alles

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dik pêlle. Die tennishelde Roger Federer en Rafael Nadal het die naweek kragte saamgesnoer in ’n dubbelspelwedstryd. Dit was deel van Laverbeker-toernooi wat in Londen gehou is, en Federer se laaste beroepswedstryd. Hulle het groot pret gehad. Foto: REUTERS/Dylan Martinez
Dik pêlle. Die tennishelde Roger Federer en Rafael Nadal het die naweek kragte saamgesnoer in ’n dubbelspelwedstryd. Dit was deel van Laverbeker-toernooi wat in Londen gehou is, en Federer se laaste beroepswedstryd. Hulle het groot pret gehad. Foto: REUTERS/Dylan Martinez

Eers het net Roger gehuil. Almal was toe seker nog oukei, want dit was te verwagte. Maar toe Rafa ook in trane uitbars was almal in die O2-arena in Londen, sommer die hele sportwêreld, in snot en trane.

Die Switerse Maestro, Roger Federer, in aksie tydens die Laverbeker-toernooi wat die naweek in Londen gehou is.Foto: Reuters/Andrew Boyers

Roger Federer, een van die mees invloedryke sportmanne van alle tye, het die naweek sy beroepsloopbaan vaarwel toegeroep. In sy laaste beroepswedstryd Vrydag het hy vir oulaas kragte saamgesnoer met sy grootste teenstander, maar ook boesemvriend, Rafael Nadal.

Novak Djokovic sit sy hande op ’n hartseer Roger Federer se skouers. Dit was nadat Federer sy laaste beroepswedstryd gespeel het. Beide was deel van die Europese span wat teen die Wêreldspan in die Laverbeker-toernooi in Londen deelgeneem het. Foto: Reuters/Andrew Boyers

Hulle het as deel van die Europese span teen die Amerikaners Frances Tiafoe en Jack Sock in ’n dubbelspelwedstryd in die Laverbeker-toernooi gespeel.

Hulle het uiteindelik Saterdag in die vroeë oggendure die naelbytstryd verloor teen Tiafoe en Sock, wat deel van die Wêreldspan is.

Maar FeDal, soos Federer en die Spaanse superster Nadal gesamentlik bekend staan, het hope pret gehad. Hulle het tydens die wedstryd gelag en hul enkele towerhoue uitbundig gevier.

FeDal! Roger Federer het sy laaste beroepswedstryd die naweek saam met Rafael Nadal in ‘n dubbelspelwedstryd in die Laverbeker-toernooi in Londen gespeel. Foto: Reuters/Andrew Boyers

Dit was die eerste keer in meer as 14 maande dat Federer ’n beroepswedstryd gespeel het.

Die nederlaag het wel seer gebyt, veral omdat hulle op die drempel van ’n oorwinning gestaan, maar toe ’n wedstrydpunt verbrou het.

Die nederlaag is dalk simbolies van hoe Vader Tyd altyd die laaste punt, pot en wedstryd wen – selfs teen Federer. Maar moenie ’n fout maak nie, hy het die uurglas hel gegee. Hy was 36 jaar oud toe hy in 2018 die Australiese Ope gewen het en so ook die eerste man geword het om met 20 Grand Slam-titels te spog.

Dit is egter nie die nederlaag wat in geskiedenisboeke belig sal word nie, maar die roerende tonele daarná.

Een daarvan was Federer en Nadal wat langs mekaar gesit en huil het. In ’n stadium was Federer se hand bo-op Nadal s’n terwyl ander spelers agter hulle gestaan het.

Roger Federer word deur sy vrou, Mirka, getroos nadat hy sy laaste beroepswedstryd gespeel het. Foto: Clive Brunskill/Getty Images for Laver Cup

Dit was een van die mooiste oomblikke in sportgeskiedenis en is op sosiale media as bewys van egte sportmanskap en ’n pragtige vriendskap geloof.

Die Serwiese legende Novak Djokovic (deel van die Europese span) het ook ’n traan weggepink en in ’n stadium sy hande op ’n hartseer Federer se skouers gesit. Novak, Nadal en Federer word wyd as die beste mansspelers van alle tye bestempel en staan as die Groot Drie bekend.

Tyd om te groet. Roger Federer en sy grootste teenstander maar ook boesemvriend, Rafael Nadal, veg vergeefs teen die trane. Foto: Julian Finney/Getty Images for Laver Cup
Tyd om te groet. Roger Federer en Rafael Nadal veg vergeefs teen die trane. Foto: Julian Finney/Getty Images for Laver Cup

Federer het in sy onderhoud op die baan hard teen die trane geveg. Hy het sy loopbaanreis as “perfek” beskryf en gesê: “Ek sal dit alles weer doen”.

Uiteindelik was daar nie meer keer aan die trane nie. Sy stem het gebreek en hy het sy hand oor sy mond gesit terwyl die skare hom steeds luidkeels toegejuig het.

Sy ouers, Robert en Lynette, vrou, Mirka, en hul vier kinders was ook daar.

Lede van die Europese en die Wêreldspanne wat teen mekaar in die Laverbeker-toernooi deelgeneem het, tel Roger Federer op hul skouers nadat die Switserse Maestro sy laaste beroepswedstryd in die O2-arena in Londen gespeel het. Foto: AP Photo/Kin Cheung

Federer se ma is oorspronklik van die Oos-Rand in Gauteng.

“Sonder haar (ma Lynette) sou ek nie hier gewees het nie . . . Dankie aan my ouers, julle is ongelooflik.”

Hy het vertel hoe baie sy vrou hom oor die jare heen ondersteun het en het haar bedank dat hy vir so lank beroepstennis kon beoefen.

Mooi loop, Roger Federer, en dankie vir alles. Foto: Luke Walker/Getty Images for Laver Cup

'n Betraande Mirka het vir haar man ’n soen geblaas. Sy het hom later op die baan ontmoet en in haar arms vasgehou terwyl hy gehuil het. Die egpaar se kinders het ook hul pa kom troos.

LEES OOK | Mac se span bederf die Federer-partytjie

Spelers van beide die Europese en Wêreldspanne het Federer opgetel en op hul skouers gedra. Hy het ’n ruk voor dit sy afskeid as ’n “feesviering” beskryf.

Nadal het later in ’n nuuskonferensie gesê ’n groot deel van sy eie lewe vertrek nou saam met Federer wat beroepstennis vaarwel toeroep.

“Dis ’n groot eer om deel van hierdie oomblik te wees,” het Nadal gesê.

Federer is een van die mees geliefde sportmanne en word geprys vir hoe mooi en grasieus hy tennis gespeel het. Volgens John McEnroe, wat as kaptein van die Wêreldspan diens doen, is daar nie nog ’n speler met so ’n mooi speelstyl nie.

Maar mense sal hom ook onthou vir sy merkwaardige sportmanskap wat hy geopenbaar het, en die liefdadigheidswerk (veral in Afrika) wat hy deur sy stigting doen.

Hy is ’n inspirasie vir huidige en toekomstige kampioene.

Die Italiaanse tennisster Matteo Berrettini het Saterdag gesê Federer is die rede vir hoekom hy gekies het om ’n tennisspeler te word.

Iga Swiatek van Pole, wat tans vrouetennis oorheers, het ná die aankondiging van Federer se uittrede hom bedank vir die groot impak wat hy op die spel gehad het. “Dit was ’n voorreg om jou loopbaan te kon aanskou,” het sy op haar Twitter-profiel geskryf.

Tiafoe het Sondagaand in ’n enkelspel-wedstryd met die Griek Stefanos Tsitsipas afgereken om die Wêreldspan se eerste oorwinning in die Laverbeker-toernooi te verseker. Hy het ná die wedstryd in ’n onderhoud gesê die uitslag van sy en Sock se wedstryd teen Federer en Nadal is irrelevant. “Tennis het daardie aand gewen.”

Hy het later ook gesê: “Legendes gaan nooit dood nie.”  

Federer het destyds opnuut lewe in die spel geblaas en sy nalatenskap sal tennis lewend hou.

Hy is een van die beste sportmanne ooit, maar ook ’n kunstenaar wat as’t ware in volle vaart met sy raket op die tennisbaan gedig het.

Hy is die Switserse Maestro.

Mooi loop, Roger Federer, en dankie vir alles.

- Bykomende bronne: Reuters, LaverCup/Twitter, Lavercup, atptour.com, rogerfederer.com

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Ghana (w) 0
Sierra Leone (w) 0
Rand - Dollar
18.17
+0.7%
Rand - Pond
22.39
+0.5%
Rand - Euro
19.70
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
968.75
+0.1%
Palladium
1,417.93
+0.8%
Goud
1,958.92
+0.1%
Silwer
23.10
+0.1%
Brent-ruolie
78.12
+4.0%
Top-40
70,407
+0.9%
Alle aandele
75,994
+0.9%
Hulpbronne 10
66,167
+1.9%
Industriële 25
102,351
+0.2%
Finansiële 15
15,664
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos