’n Onbaatsugtige en vasberade bevrydingsleier.
Dít is hoe pres. Cyril Ramaphosa die struggle-veteraan Peter Jones beskryf.
Jones, ’n leier van die Black People’s Convention (BPC), die koördinerende liggaam van die swartbewussynsbeweging, is Dinsdag in die ouderdom van 72 in sy huis in Pringlebaai in die Overberg oorlede.