Minstens vier mense en drie motors was moontlik Donderdag by die ontvoering van ’n biokinetikus in Gqeberha betrokke.
Riana Pretorius (30) is omstreeks 08:00 deur drie gewapende mans voor ’n mediese sentrum in Pickering-straat, Newton Park, oorrompel en in ’n Toyota Corolla-motor ingedwing.
Die motor is binne ’n uur deur die blitspatrollie in Deal Party voorgekeer. Drie mense het uit die motor gespring en weggehardloop, maar daar was geen teken van Pretorius nie.