Twee mans wat hulle na bewering as mediese praktisyns voorgedoen het, en twee geregistreerde dokters wat hulle glo aangestel het, is onlangs deur die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA) vasgetrek.
Ilunga Nzabadi, ’n Kongolese burger, is Maandag in die Stellenbosch-landdroshof op borgtog van R1 500 vrygelaat nadat hy op 16 Februarie in hegtenis geneem is.
Nzabadi het luidens ’n verklaring van die RGBSA sedert November verlede jaar as ’n dokter by ’n praktyk in Kayamandi buite Stellenbosch gewerk sonder dat hy geregistreer is.