Vier mans is Dinsdagaand in ’n informele nedersetting in Wallacedene, Kraaifontein, doodgeskiet.
Die polisie is kort ná 20:00 ontbied en het die mans se lyke in ’n plakkershut gevind, sê brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder.
“Die oorledenes, vermoedelik in hul vroeë 30’s, is almal van Wallacedene. Die motief vir die moorde word ondersoek en mense word ondervra.”