Ses leerlinge van ’n hoërskool in die Kaap word daarvan aangekla dat hulle ’n 14-jarige meisie in ’n klaskamer verkrag, dit afgeneem en die video versprei het.
By dieselfde skool het daar kort ná die beweerde verkragting ’n video die rondte gedoen van ’n onderwyser van die skool wat glo op ’n bed sit en masturbeer.
Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê hulle het op 7 April van die beweerde verkragting bewus geraak. Maatskaplike werkers is na die skool gestuur en bied sedertdien ondersteuning aan die leerlinge.