Die lyk van een van die vermiste vroue van die Brand-gesin is vroeg Dinsdagoggend met die hulp van ’n hommeltuig opgespoor.
Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder vir Afriforum, sê die lyk van die vrou is opgespoor nadat vier verdagtes laat Maandagaand in hegtenis geneem is.
Dit is vermoedelik die lyk van Elzabie Brand wat opgespoor is.