Die huis was in chaos, daar was bloed en die Sondagmiddagkos het onaangeraak op die tafel bly staan.
Die bejaarde egpaar Danie (83) en Breggie (73) Brand en hul dogter Elzabie Brand (54), wat uit Johannesburg vir hulle kom kuier het, is Sondagmiddag in die huis op die kleinhoewe buite Hartswater op die Noord-Kaap/Noordwes-grens aangeval voordat hulle vir middagete kon aansit.
“Hulle het nie eens kans gehad om hul middagete te eet nie,” sê hul skoonseun Wikus Taljaard, wat in Brackenfell in Kaapstad woon.