Die lyke van die Brand-egpaar, Danie (Dan, 83) en Breggie (73), is Dinsdagmiddag omstreeks 17:00 gevind, nie ver van waar hul dogter Elzabie (54) se lyk omstreeks 01:00 Dinsdagoggend gevind is nie.
Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die lyke van die bejaarde egpaar is in die bosse buite die Takaneng-nedersetting in Taung gevind.
’n Vyfde verdagte van 36 jaar oud is ook Dinsdagmiddag in hegtenis geneem.