Die afgelope kwartaal se misdaadstatistieke in die Oos-Kaap, wat ’n styging in al die kontakmisdaadkategorieë toon, is ’n wekroep tot verskerpte pogings vir misdaadbekamping.
Dié reaksie van Xolile Nqatha, LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, het Maandag gevolg op die bekendmaking van die misdaadstatistieke vir die derde kwartaal (1 Oktober tot 31 Desember) van die huidige boekjaar.
Nqatha sê hy het met groot kommer kennis geneem van die toename in misdaad soos moord, poging tot moord en verkragting.