Moyhdine Pangarker (54) het in die dae voordat hy deur die polisie in Cradock in die Oos-Kaap in hegtenis geneem is, in ’n telefoonoproep aan ’n familielid ontken dat hy Tazne van Wyk (8) ontvoer het.
In die gesprek met sy suster Nasma sê hy hy het Tazne die Vrydag toe sy weggeraak het by die huiswinkel naby haar ouerhuis in Clarestraat, Connaught Estate, Elsiesrivier, in Kaapstad gesien. Hy sê sy het daar gesit en ’n “bompie” (vrugtesap-ysie) gedrink. Hy het glo weggekyk en toe hy terugdraai is die kind weg.