’n Ma en haar 11-jarige dogter van Bela-Bela in Limpopo is Saterdag in ’n gesinstreurspel vermoedelik deur ’n gewese kêrel van haar doodgeskiet.
Hendrick Muzi Ndlovo (38), het homself daarna ook doodgeskiet, sê kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder.
Ndlovo is Saterdag om 12:00 na die Leana Hof-meenthuiskompleks in Bela-Bela waar Carmen Cloete (34) en haar dogter, Lee, gewoon het.