'n Man is dood en sy vrou ernstig beseer toe hulle Maandagaand op hul hoewe in Mnandi, suid van Centurion, aangeval is.
Buurtwaglede en lede van die Scorpion Risk Services-veiligheidsmaatskappy het hulle net ná 19:00 na die toneel gehaas waar die man glo reeds oorlede gevind is, en sy vrou, wat met 'n skerp voorwerp gesteek is, in die huis vasgebind was.
Die slagoffers is volgens bronne beide in hul 70's.