Die polisie in Limpopo het ’n 35-jarige verdagte in hegtenis geneem weens die moord op ’n 75-jarige vrou en haar 11-jarige kleindogter.
Dit is die tweede verdagte wat die polisie in hegtenis geneem het weens die voorval.
Luidens ’n verklaring van die polisie in Limpopo is die tweede verdagte Sondagaand in Thembisa in Gauteng in hegtenis geneem.