’n Polisiehond in die Oos-Kaap het perlemoenstropers se bedrywighede geknou deurdat hy heelwat duiktoerusting in digte bosse naby die Visrivier uitgesnuffel het.
Die duiktoerusting – onder meer duikpakke, paddavoete en duikbrille – het volgens die polisie ’n geskatte waarde van meer as R50 000.
Die vonds is gemaak terwyl die polisie van Port Alfred inligting opgevolg het oor vermeende perlemoenstropers wat naby die Visrivier, sowat 30 km buite Port Alfred, te werk gaan.