’n Polisiesersant het Woensdag na ’n polisiehoof in Mpumalanga doodgeskiet en toe die wapen op homself gerig.
Die voorval het in ’n polisiekantoor in Mbombela gebeur, sê brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder.
“Sers. Ngwenyama Patrick (35) het kol. Thaver Seeny (55), provinsiale hoof van beskermings- en veiligheidsdienste, doodgeskiet, waarna Patrick die wapen op homself gerig het,” sê Mohlala.