Die soektog na die vermiste jong Duitser Nick Frischke (22), wat verlede Woensdag laas aktief op WhatsApp was nadat hy glo op Tafelberg gaan stap het, is Dinsdag na die see langs die Karbonkelberg-voetslaanpad uitgebrei.
Luidens ’n verklaring deur die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het hy Dinsdag onder bevel van die polisie-duikeenheid by die NSRI Houtbaai se reddingstasie ’n inligtingsessie gehou ter voorbereiding vir die voortgesette soektog na Frischke.
Frischke, wat alleen vakansie in Kaapstad kom hou het, is glo laas deur kringtelevisiekameras op die Karbonkelberg-voetslaanpad gewaar. ’n Skermgreep van Frischke op die voetslaanpad is op die Facebook-blad Germans in Cape Town geplaas.