Die Oos-Kaapse polisie het ’n “deurbraak gemaak” deur ’n verdagte vas te trek wat vermoedelik by agt moorde op 29 Januarie in KwaZakele, Gqeberha, betrokke was.
Elf mense was tydens dié voorval die slagoffers van ’n koelbloedige skietery in Maqandastraat in KwaZakele. Agt van hulle is dood en drie is ernstig beseer.
Die eienaar van die huis waar die bloedbad afgespeel het, was besig om ’n verjaardagpartytjie te hou.