Die polisie in Somerset-Wes en die polisie se teenbende-eenheid ondersoek ’n dubbele saak van poging tot moord ná ’n skietvoorval Vrydagmiddag op die R44-brug oor die N2 by die Somerset Mall.
Na wat verneem word, was daar ’n skietery tussen die insittendes van twee voertuie.
Volgens kapt. Frederick van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, is twee mans van onderskeidelik 48 en 49 jaar omstreeks 14:00 gewond. Die gewonde bestuurder en passasier het volgens Van Wyk self na ’n nabygeleë hospitaal gery.