’n Saak van moord word ondersoek nadat die lyk van ’n vrou in ’n bakkie langs ’n pad naby Jeffreysbaai gevind is.
Die lyk is Donderdagmiddag langs die R102 in ’n wit Ford Bantam-bakkie aangetref. Die vrou het ’n skietwond aan die bolyf opgedoen. Geen vuurwapen is op die toneel gevind nie.
Volgens ao. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het ’n verbygaande fietsryer op die toneel afgekom.