Die Apartheidsmuseum in Ormonde in die suide van Johannesburg se kragtoevoer is afgesny omdat hy City Power glo R1,8 miljoen skuld.
Die kragverskaffer sê in ’n verklaring op Twitter hy het besluit om strenger op te tree teen die niebetaling van elektrisiteitsrekeninge. Hy sal voortgaan om die dienste te beperk van dié ondernemings wat versuim om vir hul verbruik te betaal.
City Power het ook die kragtoevoer na ondernemings in Comptonville, Village Main en Aeroton afgesny.