’n Nuwe grondwaterprojek wat bykans 2,1 megaliter water per dag aan die droogtegeteisterde Nelson Mandelabaai-metro lewer, is Dinsdag amptelik bekend gestel.
Die aanleg bestaan uit vier boorgate in St. George-park, Gqeberha, en is sedert begin Maart in gebruik.
Die water is getoets en veilig vir menslike verbruik, sê Barry Martin, direkteur van water en sanitasie in die metro.