Groot kommer heers onder LP’s oor dienslewering en ouditresultate in die land se politieke en ekonomiese hoofstede, wat al hoe slegter raak.
Die gekose komitee oor samewerkende regering en tradisionele sake, water en sanitasie en menslike nedersettings het Sondag sy kommer oor dié verslegtende situasie in Tshwane en Johannesburg asook die Emfuleni-munisipaliteit (Vanderbijlpark) in Gauteng uitgespreek.
Dit kom nadat die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) Vrydag ’n verslag oor hul jongste ouditresultate aan dié parlementêre komitee voorgelê het.