Terwyl ’n groot deel van die 7,8 miljard inwoners van die aarde in die veiligheid van hul woning skuiling probeer vind teen die koronavirus, neem ’n nuwe wêreld vorm aan buite daardie mure.
Die natuur is op vele maniere stadig maar seker besig om sy regmatige plek in te neem.
Die omgewingsveranderinge wat die afgelope twee tot drie maande plaasgevind het, was heel eerste uit die ruimte sigbaar. Die Europese Ruimte Agentskap (ERA) het dit eerste waargeneem.