’n Waarskuwing is uitgereik oor hewige donderbuie Woensdag wat tot oorstromings in die Kaapse Wynlande, Swartland, Swellendam, sowel as die Kaap Agulhas-munisipaliteit in die Wes-Kaap kan lei.
Hewige donderbuie met sterk wind word ook in die Alfred Nzo-distrik en die Ingquza Hill-munisipaliteit in die Oos-Kaap verwag.
Toestande bevorderlik vir die ontstaan van wegholveldbrande word in die Tsantsabane- en Siyathemba-munisipaliteit in die Noord-Kaap verwag.