Hewige donderstorms word vir Sondag vir die Wes-Kaap voorspel. Die donderweer sal weerlig, swaar reën, verwoestende wind tot gevolg hê waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens.
Stella Nake, woordvoerder van die Weerdiens, sê ’n laagdrukstelsel sal na verwagting Saterdag verspreide tot wydverspreide reënbuie en donderstorms veroorsaak.
Daarna sal die trog se intensiteit toeneem en dit sal teen Sondag groot hoeveelhede hael en verwoestende reën tot gevolg hê.