AfriForum Jeug het Woensdag ’n formele aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) aan al 26 openbare universiteite in Suid-Afrika gerig om inligting oor rasseklassifikasie aan AfriForum Jeug te verskaf.
René van der Vyver, woordvoerder, sê AfriForum Jeug wil deur die Paia-aansoeke vasstel wat universiteite se beleid oor rasseklassifikasie is.
“Die vrae verplig die universiteite om bekend te maak hoe hulle die klassifikasie van voornemende en huidige studente op grond van hul ras regverdig,” sê sy.