Senior koshuisstudente en -bestuur aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus sê hulle is bekommerd dat so min eerstejaars in die eerste week van die registrasie-en-oriënteringstydperk opgedaag het.
Hoewel die universiteit sê dat eerstejaars tot die einde van Januarie tyd het om hul plekke in te neem, sê seniors die rede vir ’n gebrek aan voltalligheid is die nuwe rassebeleid.
“Dit was nog nooit so nie. Hoe moet ons ’n eerstejaarskonsert beplan as dit so gaan?” vra ’n voormalige huiskomiteelid, wat anoniem wil bly.