Die land se skole sál op 1 Junie heropen – ook dié in stedelike gebiede waar die meeste Covid-19-gevalle voorkom, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Dinsdagaand op ’n mediakonferensie in Pretoria gesê.
Die nasionale Covid-19-bevelsraad en die kabinet het die heropeningsplan goedgekeur.
Die eerste leerlinge van die land se sowat 16 miljoen wat sal terugkeer skool toe, is die gr. 12’s en gr. 7’s. Almal sal gesigskerms of maskers moet dra en gereeld hul hande moet was.