Om toekomstige MIV/vigs-voorkomingstrategieë vir landelike gemeenskappe in Afrika suid van die Sahara te ontwikkel, het die Universiteit Stellenbosch (US) R40 miljoen ontvang.
Die US sal navorsing doen oor hoe om die voorkoms van MIV/vigs te laat afneem deur te fokus op risiko’s vir infeksie. Die navorsing sal aangewend word in toekomstige voorkomingsprogramme.
Die R40 miljoen word oor vyf jaar toegeken deur die Amerikaanse National Institutes of Health en is toegeken aan prof. Frank Tanser, ’n MIV/vigs-navorser by die US se Sentrum vir Epidemie-reaksie en -innovasie.