Studentebetogings by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het Sondagaand voortgeduur ten spyte van ’n verklaring deur die universiteit se bestuur wat aandui dat daar met die studenteraad tot ’n vergelyk gekom is.
Die studenteraad het die toegewings wat aangebied is, verwerp en het Sondag tydens ’n massavergadering waar hulle terugvoering gegee het oor die vergadering wat vroeër die dag gehou is, besluit om na die visekanselier se huis te stap om só “druk op die bestuur te plaas”.
Sowat 200 studente gelei deur die studenteraad het gedreig om die visekanselier se huis af te brand.