ActionSA en Bongani Baloyi se paaie het amptelik geskei weens “onversoenbare verskille”.
Baloyi, wat meer as ’n jaar gelede by ActionSA aangesluit het, het Maandag uit die party bedank.
Sowel die party as Baloyi, wat die party se voorsitter in Gauteng was, het dié stap bevestig.