Daar is geen redelikheid in die regering se besluitneming oor watter lande as hoërisikolande vir internasionale reisigers geklassifiseer word nie, sê die Vereniging van Suider-Afrikaanse Reisagente (Asata) en ander kenners.
Reisigers van lande in Europa met relatief min aktiewe Covid-19-gevalle word verbied, terwyl besoekers van Afrikalande met vier keer meer aktiewe gevalle hier welkom is.
Armenië in Europa haal byvoorbeeld die lys, hoewel hy die afgelope twee weke net 13 aktiewe gevalle per 100 000 inwoners gehad het.