Ace Magashule se tydelike skorsing hangende die uitslag van sy korrupsieverhoor is werklik die einde van sy onmiddellike politieke loopbaan.
Dít was Woensdag die reaksie van ’n regskenner nadat pres. Cyril Ramaphosa en die ANC die party se omstrede sekretaris-generaal, wat tot die bitter einde geweier het om sy amp vrywillig te ontruim, tydelik geskors het.
Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het Woensdagaand bevestig die party is besig om alle ANC-lede wat weier om opsy te staan, skriftelik oor hul onmiddellike tydelike skorsing in te lig.