Die “gemors” in die Mantsopa-munisipaliteit weens die aanstelling van ’n Johannesburgse maatskappy om sy state te oudit is “skreiend”.
David van Vuuren, hoofsweep van die DA in die Vrystaatse wetgewer, het tydens die debat oor die provinsiale tesourie die afgelope week gesê dié munisipaliteit het in die 2020-’21- en 2021-’22-boekjaar West Rand Consulting aangestel om sy state te oudit, terwyl daar baie bekwame Vrystaatse ouditmaatskappye is.
“Dit is ’n Johannesburgse maatskappy. Die munisipaliteit (wat Excelsior, Tweespruit en Ladybrand bedien) bestee dus nie eens die bietjie geld wat hy kry op plaaslike maatskappye nie. Ek kan onomwonde sê dat ons baie bekwame ouditeursmaatskappye in die Vrystaat het.