’n EFF-betoging by die N1 Stad-winkelsentrum het in ’n rassekwessie ontaard toe EFF-lede buite die sentrum “f*k julle wit mense” gegil het nadat hulle uit die sentrum verwyder is deur sekerheidspersoneel.
Enkele mense in rooi klere het in die sentrum rondgestaan toe hulle deur sekerheidspersoneel verwyder is, sê ’n ooggetuie wat verkies om anoniem te bly.
Toe hulle by die deur uitgeneem word, het een van die lede begin skree en die omstanders “wit rassiste” genoem. ’n Ander een het ingeval en geskree, “gaan terug Europa toe, julle het ons grond kom steel”.