Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag vrae in die Nasionale Vergadering geantwoord. Vrae het gestrek van Suid-Afrika se jaar lange voorsitterskap van Brics, die stryd teen misdaad, ’n bekwame staat, die Onteieningswetsontwerp en die hersamestelling van staatsondernemings.