Die veelpartyregering in Tshwane se nuwe burgemeesterskandidaat, die DA se Cilliers Brink, sal Dinsdag op ’n papierdun meerderheid moet staatmaak om verkies te word as die stad se eerste burger.
Dit nadat die veelpartyregering Donderdag besluit het om sy bande te breek met Cope omdat die party se enigste raadslid in die Tshwane-metro, die speaker dr. Murunwa Makwarela, nie ’n dringende raadsvergadering vir Vrydag wou belê om ’n nuwe burgemeester te kies nie.
’n Spesiale raadsvergadering sal nou Dinsdag gehou word, waartydens daar ’n geheime stemming gehou sal word om ’n nuwe burgemeester te kies.