Solidariteit gaan Noordwes se LUR vir onderwys voor die hof daag indien sy nie teen 2 Maart verskoning vra vir die skending van Elana Barkhuizen se regte nie.
Barkhuizen, ’n onderwyseres aan die Laerskool Schweizer-Reneke, is in Januarie 2019 onregverdig van rassisme beskuldig nadat swart en wit gr. R-leerlinge apart geplaas is in ’n ander onderwyseres, ene mev. Olivier, se klas.
Die herrie het ontstaan nadat ’n foto wat Barkhuizen van die kinders in haar kollega se klas geneem het, op sosiale media versprei is sonder dat verduidelik is die kinders is weens taaloorwegings tydelik apart geplaas.