Pres. Cyril Ramaphosa moenie te gerus raak nadat die waarnemende openbare beskermer (OB) hom voorlopig vrygespreek het in die Phala Phala-ondersoek nie.
Opposisiepartye het adv. Kholeka Gcaleka, waarnemende OB, se bevindinge in die tussentydse verslag in die Phala Phala-ondersoek gekap en beklemtoon dit is net ’n voorlopige verslag.
Ramaphosa self het Saterdag in KwaZulu-Natal, toe hy om kommentaar gevra is, gesê: “Hoe minder gesê word, hoe beter. Ek het kennis geneem van die verslag en dit is omtrent al wat ek kan sê ingevolge die OB se reëls.