Ramaphosa kry louwarm ontvangs in Soweto

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Pres. Cyril Ramaphosa gesels met Zibonele Mjuqu oor die elektrisiteitsprobleme in Nomzamo Park in Soweto. In die middel staan David Makhura, Gautengse premier. Ramaphosa het Soweto Saterdag besoek om inwoners aan te moedig om vir die ANC in die komende plaaslike verkiesings te stem.Foto’s: Melinda Stuurman
Pres. Cyril Ramaphosa gesels met Zibonele Mjuqu oor die elektrisiteitsprobleme in Nomzamo Park in Soweto. In die middel staan David Makhura, Gautengse premier. Ramaphosa het Soweto Saterdag besoek om inwoners aan te moedig om vir die ANC in die komende plaaslike verkiesings te stem.Foto’s: Melinda Stuurman

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag ’n louwarm ontvangs in Soweto, Johannesburg, gekry toe hy kiesers probeer paai het om te registreer en vir die ANC in die plaaslike verkiesings te stem.

Dit was veral in die woonbuurt Naledi waar Ramaphosa die koue skouer gekry het met kiesers wat openlik hul vyandigheid jeens die ANC laat blyk het. Van die jongmense is keelvol vir die swak dienslewering, werkloosheid en elektrisiteitsprobleme wat nie opgelos kan word nie. Terwyl Ramaphosa beloftes aan die inwoners van Naledi gemaak het, het die jongmense met vuvuzelas en fluitjies geblaas om Ramaphosa se toespraak te ontwrig. Polisielede en sommige ANC-vrywilligers het sonder sukses probeer om hulle tot bedaring te bring.

Mpho Shai (39), ’n ontevrede inwoner, was nie beïndruk met Ramaphosa wat nou – vóór die verkiesing – Soweto kom besoek nie. “Ons is vir maande sonder elektrisiteit. Niemand luister na ons nie, nie eens ons raadslid nie. Nou dat dit verkiesingstyd is, kom verkoop hulle leë beloftes aan ons. Ons is siek en sat vir die ANC. Hulle sorg net vir hul eie families.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.85
-1.2%
Rand - Pond
20.49
-0.4%
Rand - Euro
17.30
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.09
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,793.05
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos