Suid-Afrika kort ’n nuwe vorm van Kodesa waar Suid-Afrikaners ooreen moet kom dat iets gedoen moet word aan die ongeregtighede van die verlede wat veroorsaak het dat Suid-Afrika tans die land in die wêreld met die grootste ongelykheid onder sy bevolking is.
So het prof. Thuli Madonsela, die vorige openbare beskermer (OB), Dinsdag op die jaarlikse konferensie van die F.W. de Klerk-stigting gesê.
Dit is vanjaar die 30ste herdenking van die eerste vergadering van Kodesa by die eertydse Wêreldhandelsentrum in Kempton Park in 1991 wat uiteindelik gelei het tot die nuwe demokratiese Suid-Afrika.