Die besluite by die ANC se Oos-Kaapse konferensie sal die toekoms van dié provinsie én die party bepaal.
So het Gwede Mantashe, nasionale ANC-voorsitter, Saterdag in sy openingstoespraak in die internasionale konferensiesentrum in Oos-Londen gesê.
Ontstoke afgevaardigdes het Saterdag ure lank gewag vir die konferensie om aan die gang te kom.