’n Aankondiging dat TotalEnergies Exploration & Production SA (Teepsa) met boorwerk aan die suidwestelike kus van Suid-Afrika wil voortgaan, laat die wenkbroue lig, sê die VF Plus in die Noord-Kaap.
Dr. Wynand Boshoff, VF Plus se woordvoerder oor minerale bronne en energie, sê dit kom nadat dié maatskappy reeds seismiese toetse afgehandel het en nou boorgate wil sink om vas te stel of daar ekonomies benutbare olie- en gasreserwes in die see hier voorkom.
“Die stappe wat nou gedoen word, is die begin van ’n omgewings- en maatskaplike impakstudie as voorwaarde vir omgewingsmagtiging,” sê Boshoff.