Andrew Whitfield is Saterdag as die nuwe leier van die DA in die Oos-Kaap aangewys nadat hy die naweek op die party se provinsiale kongres verkies is.
Whitfield, ’n DA-LP en die party se woordvoerder oor polisiesake, het sy mededinger, Chantel King, uitgestof.
Hy het ná sy verkiesing gesê hy is baie trots en dat sy verkiesing die uitvloeisel is van 15 jaar se harde werk.