Binance-munte: Ethereum se moses bult spiere

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
fb thumb
fb thumb

Terwyl die blokketting Solana die kollig steel, groei sy eweknie Binance stadig in die skadu.

Met al die fokus op Solana en Cardano, is dit vreemd dat niemand oor die vierde grootste kriptogeldeenheid in die wêreld en ware uitdager vir die slimkontrakruimte, Binance, praat nie.

Wat is Binance?

Binance is ’n handelsbeurs vir kriptogeldeenheid wat deur Changpeng Zhao gestig is in die kriptogemeenskap bekend as “CZ”. ’n Kriptohandelsbeurs is soortgelyk aan dié van die JSE of die NYSE, maar vir kripto-verwante produkte.

Danksy die wye verskeidenheid kriptogeldeenhede en funksies wat dit aan kliënte bied, het Binance gegroei tot supersterstatus. Dit is ’n vertroude beurs vir baie om kriptogeldeenhede te koop, met ’n 2020-kripto-beursvolume van ongeveer $2 triljoen.

Glo dit as jy wil, hierdie volume groei teen ’n onrusbarende tempo, met 2021 se totale handelsvolumes van ongeveer $60 tot $90 miljard per dag. Dit beteken dat Binance vanjaar koers hou om $20 triljoen se handelsvolume te oorskry. Om dit in perspektief te stel: Die tweede grootste beurs is slegs sowat ’n vyfde van hierdie volume.

Revix

Benewens die feit dat dit ’n plek is waar kripto’s verhandel word, het Binance sy eie blokketting, die Binance Smart Chain (BSC). Die BSC bied soortgelyke funksies aan Ethereum, Solana en Cardano, deurdat dit ’n ekosisteem van gedesentraliseerde finansiële produkte (DeFi) en dienste wil ontwikkel, deur hierdie finansiële transaksies met behulp van slimkontrakte te fasiliteer.

DeFi is ’n onderafdeling van die kriptogeldeenheidbedryf, wat tradisionele finansiële instellings uitdaag, insluitend banke, versekeringsmaatskappye en aandelemakelaars, waar entrepreneurs semi-outomatiese handels- en kredietstelsels bo-op blokkettingnetwerke bou.

Nes Solana, bied BSC vinnige transaksietye, laer fooie en ’n programmeringsvermoë wat dit vir ontwikkelaars maklik maak om komplekse slimkontrakte te skep.

Maar daar is ’n kinkel in die kabel . . .

Hoewel die BSC vinniger transaksies en laer kostes mag bied, kom dit met uitdagings.

Die rede waarom Ethereum “stadiger” is, is omdat ’n gedesentraliseerde netwerk oor duisende nodusse of rekenaars werk, en dit neem dus tyd vir hierdie netwerk om “konsensus” te bereik.

Terloops, “konsensus” is net ’n spoggerige manier om te sê “ooreenstemming is bereik”.

Die rede waarom die Binance-netwerk teen ’n vinniger transaksiespoed kan werk, is omdat dit slegs 21 bekragtigers gebruik. Daarom wil dit voorkom asof die BSC, net soos Solana, van sy desentralisasie prysgee om vinniger transaksies te bewerkstellig.

Wat is die doel van Binance-munte?

Binance-munte (BNB) is die oorspronklike kriptogeldeenheid van die Binance-netwerk. Die Binance-munt is oorspronklik geskep as ’n ERC-20-tekenmunt op die Ethereum-netwerk, maar het sedertdien hiervan wegbeweeg en sy eie netwerk, The Binance Smart Chain (BSC), ontwikkel.

BNB is geskep as ’n maklike manier vir Binance-gebruikers om handelsgelde te betaal en verder as ’n gebruikstekenmunt.

’n Gebruikstekenmunt is ’n munt wat nie as geld beskou kan word nie, maar gee gebruikers eerder toegang tot produkte en dienste op daardie spesifieke platform.

Binance stel byvoorbeeld gebruikers in staat om aan verskeie funksies deel te neem, soos verhandelings, beleggings, rente verdien, kredietverlening en vele meer, teen ’n koste.

Handeldryf sal vir gebruikers minder kos as hulle in BNB betaal. Verder, hoe meer BNB jy het, hoe meer afslag kan jy kry op hierdie handelsfooie.

Vir die BSC-netwerk moet gebruikers BNB as betaalmiddel gebruik en al die toepassings wat daarop gebou is, net soos Ethereum gebruik word om fooie te betaal tydens interaksie met Ethereum-protokolle.

Binance-munt se prestasie

Hoewel Solana en Cardano die afgelope paar maande die kollig vang met verstommende opbrengste, lê Binance se opbrengste nie juis ver agter nie.

Hieronder is ’n voorstelling van die grootste en betroubaarste kriptogeldeenhede se opbrengste:

Revix

Binance is tans die derde toppresterende kriptogeldeenheid. Dit is ook die beste presterende gesentraliseerde handelskriptogeldeenheid (CEX).

Maar opbrengste vertel nie die volle verhaal nie.

Jy moet die geldspoor volg . . .

Gebaseer op die totale geslote waarde (TVL) op slim- kontrakplatforms, is die Binance-slimketting die tweede grootste naas Ethereum, met 13% van alle slimkontrakte se geslote waarde in sy besit.

Die TVL is bloot die aantal bates wat tans op spesifieke slimkontrakplatforms gehou word. TVL wys dus presies watter slim kontrakplatforms die meeste geld lok en dus die meeste aanvaar word.

Waarom moet jy daarin belê?

Daar is verskeie redes om BNB te besit. Die belangrikste is dalk omdat dit vir jou blootstelling aan die grootste kriptohandelsbeurs ter wêreld bied, terwyl jy ook blootstelling kry aan die tweede grootste slimkontrak-kriptogeldeenheid.

Soos hierbo genoem, bied die BSC vinniger transaksietye, laer fooie en ’n programmeringsvermoë wat dit vir ontwikkelaars maklik maak om komplekse slimkontrakte te skep. Dit is duidelik ’n aantreklike blokketting vir ontwikkelaars, aangesien die TVL toon dit is die tweede grootste met betrekking tot bates in hul slimkontrakte.

Inderdaad word Binance gereeld noukeurig deur verskillende regerings wêreldwyd ondersoek, maar hulle probeer aktief om hierdie probleme op te los.

Waar kan jy Binance-munte koop?

Revix, ’n Kaapstad-gebaseerde kriptobeleggingsplatform wat deur die JSE-gelyste Sabvest gesteun word, sal een van die eerste platforms in Suid-Afrika wees wat Binance-munte as ’n selfstandige kriptogeldeenheid-beleggingsopsie bied. Vanaf Vrydag 24 September sal Revix BNB Binance-geldeenhede met ’n aanloklike gratis-aankooppromosie beskikbaar stel.

Revix se promosies

  • Van 24 tot 30 September 2021 sal Revix geen aankoopfooie vereis op Binance-aankope indien jy Suid-Afrikaanse rand en GBP gebruik nie.
  • Revix bied ook ’n verwys-’n-vriend-promosie aan: Verwys een of meer persone met jou verwysingskode en jy ontvang Revix-belonings ter waarde van R600 per verwysing, geldig tot 30 September 2021. Bepalings en voorwaardes geld.

Revix bied ook verskeie losstaande kriptogeldeenhede soos Bitcoin, Ethereum, Solana, Uniswap, Polkadot en vele meer aan.

Deur Revix kry jy toegang tot hul klaargemaakte kriptobondels waardeur jy moeiteloos ’n gelykmatige mandjie van die wêreld se grootste en suksesvolste kriptogeldeenhede kan besit sonder om self ’n kripto-portefeulje op te bou en te bestuur. Dié bondels is soos die JSE Top 40 of S&P 500, maar vir kripto.

Meer oor Revix

Revix bring eenvoud, vertroue en uitstekende kliëntediens na die beleggingsarena. Hul gebruikersvriendelike aanlyn-platform stel almal in staat om met ’n paar klikke die beste beleggings ter wêreld te maak.

Revix lei nuwe kliënte deur die aanmeldingsproses na hul eerste deposito en eerste belegging. Nadat dit opgestel is, bestuur kliënte hul eie portefeulje, maar hulle kan op enige tydstip ondersteuning van die Revix-span aanvra.

Onthou, kriptogeldeenhede is hoërisiko-beleggings. Jy moenie meer belê as wat jy kan bekostig om te verloor nie. Voordat jy belê, moet jy jou ervaring en beleggingsdoelwitte in ag neem en, indien nodig, onafhanklike finansiële advies inwin.

Vir meer inligting besoek www.revix.com.

  • Hierdie artikel is slegs bedoel vir inligtingsdoeleindes. Die menings wat uitgespreek word, moenie as beleggingsadvies of -aanbevelings beskou word nie. Hierdie artikel is nie ’n aanbod nie, en ook nie die uitnodiging van ’n aanbod om enige van die bates of sekuriteite wat hierin genoem word, te koop of te verkoop nie.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.

    Inperking vir
    DAE
    URE
    MIN
    Rand - Dollar
    14.45
    +1.1%
    Rand - Pond
    19.96
    +0.8%
    Rand - Euro
    16.82
    +0.9%
    Rand - Aus dollar
    10.85
    +0.5%
    Rand - Jen
    0.13
    +0.9%
    Goud
    1,786.23
    +0.9%
    Silwer
    24.37
    +3.0%
    Palladium
    2,076.49
    -1.2%
    Platinum
    1,057.00
    +1.3%
    Brent-ruolie
    85.08
    +0.9%
    Top-40
    60,348
    +0.3%
    Alle aandele
    66,895
    +0.2%
    Hulpbronne 10
    63,203
    -0.1%
    Industriële 25
    85,486
    +0.6%
    Finansiële 15
    14,008
    -0.1%
    Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
    Blitsblik op ’n maatskappy
    Verkeer in jou area

    Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

    Klik om te stel
    Nuuswenke

    Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

    Stuur 'n e-pos