Dié ondernemings is Rapport se leserskeuses

akkreditasie
Die ondernemings wat die meeste stemme gekry het,
Die ondernemings wat die meeste stemme gekry het, het platinumstatus verwerf, in die tweedeplek goudstatus en die derde plek silwerstatus.

Dit is vanjaar die eerste keer in dié koerant se geskiedenis dat Rapport hul lesers deel maak van ’n stemproses om vas te stel watter ondernemings hul gunstelinge is.

Rapport se lesers is tussen Mei en Junie genooi om vir hul gunsteling-ondernemings in 98 verskillende kategorieë te stem. In die week van 27 Junie het lesers fluks hul kruisies by hul voorste ondernemings en handelsname getrek.

Hier word die wenners van Rapport Leserskeuse nou bekendgemaak. Die ondernemings wat die meeste stemme gekry het, het platinumstatus verwerf, in die tweede plek goudstatus en die derde plek silwerstatus.

Suid-Afrika en die res van die wêreld ondergaan die afgelope 18 maande groot druk weens die Covid-19-pandemie.

Te midde hiervan is daar ’n klomp ondernemings wat steeds daarna streef om die beste diens en produkte vir hul kliënte te lewer. Dié ondernemings word deur Rapport Leserskeuse vereer.

Die peiling is nie ’n wetenskaplike opname nie, maar weerspieël die lojaliteite van Rapport se lesers op ’n bepaalde tyd.

Baie geluk aan al die ondernemings en handelsname wat die topplekke behaal het in Rapport Leserskeuse.

Lesers wat hieraan deelgeneem het, het ook die kans gestaan om kontantpryse te wen.

Hiermee ook geluk aan Rapport-lesers wat dié kontant losgeslaan het:

  • Koos Fourie het R20 000 gewen,
  • Theo Vorster R3 000,
  • Wimpie Bosch R2 000, en
  • Xavier Sinden, Stephni Loots, Shamone Selister, Mariska Faasen, Karen Ford, Hanlie Rautenbach, Adrian Louw, Anthoine du Toit, Lotie Kleynhans en Donata Grové elk R500.

Vanjaar se Rapport Leserskeuses-wenners

4x4-fabrikaat

  • Toyota
  • Ford
  • Volkswagen

Aanlynverblyfbesprekings

  • Lekkerslaap
  • Booking.com
  • Airbnb

Aanlynwinkel

  • Takealot
  • Checkers
  • Woolworths

Afslaer (veilings)

  • Aucor
  • BKB
  • Bernardi Afslaers

Apteekgroep

  • Dischem
  • Clicks
  • Arrie Nel

Babawinkel

  • Baby City
  • Babies R Us
  • Baby Boom

Babaprodukte

  • Johnson & Johnson
  • Pampers
  • Purity

Bakprodukte

  • Snowflake
  • Sasko
  • Moir’s

Bande – handelsnaam

  • Dunlop
  • Goodyear
  • Continental

Bandverskaffer

  • Tiger Wheel & Tyre
  • Supa Quick
  • Hi-Q

Bank – finansiële instelling

  • Absa
  • FNB
  • Capitec

Bank - huislenings

  • Absa
  • FNB
  • Standard Bank

Bed/matraswinkel

Begrafnisdekking

  • Avbob
  • Old Mutual
  • Sanlam

Beleggingsondernemings

  • Sanlam
  • Old Mutual
  • Allan Gray

Bier

  • Castle
  • Windhoek
  • Black Label

Brandstof

  • Engen
  • Sasol
  • Shell

Boekwinkel

  • Exclusive Books
  • Bargain Books
  • Cum Boeke

Drankwinkel

  • Tops
  • Pick n Pay Liquor
  • Checkers Liquor

Ekspo

  • kykNET Buite Ekspo
  • Nampo
  • Homemakers Expo

Eiers

  • Nulaid
  • TopLay
  • Woolworths

Energiedrankies

  • Red Bull
  • Energade
  • Monster

Familierestaurant

  • Spur
  • Wimpy
  • Ocean Basket

Feeste

  • KKNK
  • Aardklop
  • Woordfees

Gemeenskapsradiostasie

  • Bok Radio
  • Pretoria FM
  • OFM

Gesinswegbreek

  • ATKV Hartenbos
  • ATKV Klein-Kariba
  • Kruger Nasionale Park

Gewigsverliesprogram

  • Weigh-Less
  • Herballife Nutrition
  • Slender Wonder

Gimnasium

  • Virgin Active
  • Planet Fitness
  • CrossFit

Hardewarewinkel

  • Builders Warehouse
  • Mica
  • Build it

Hoofpynmedikasie

  • Panado
  • Grandpa
  • Disprin

Hospitaal

  • Mediclinic
  • Life
  • Netcare

Hotelgroep

  • Protea
  • Sun International
  • City Lodge

Internetdiensverskaffer

  • Telkom
  • Vodacom
  • Mweb

Kampsleepwa

  • Venter
  • Jurgens
  • Conquerer

Karavaan

  • Jurgens
  • Gypsey
  • Sprite

Kasino

  • Grand West
  • Times Square
  • Montecasino

Keelseermedikasie

  • Strepsils
  • Andolex
  • Medikeel

Klerewinkel vir kinders

  • Ackermans
  • Woolworths
  • Pep

Klerewinkel vir mans

  • Woolworths
  • Markham
  • Edgars

Klerewinkel vir vroue

  • Woolworths
  • Foschini
  • Miladys

Kombuistoestelle X handelsnaam

  • Russell Hobbs
  • Defy
  • Smeg

Koeriermaatskappy

  • Courier Guy
  • DHL
  • PostNet

Krieketspan – provinsiaal

  • Cape Cobras
  • Titans
  • Gauteng Lions

Kruidenierswarewinkel (supermark)

  • Checkers
  • Pick n Pay
  • Spar

Kos- en kruideniersafleweringsdienste

  • Checkers
  • Pick n Pay
  • Woolworths

Kunsmatige versoeters

  • Canderel
  • Xylitol
  • Huletts

Lewensversekering

  • Sanlam
  • Old Mutual
  • Momentum

Lojaliteitsprogram – apteek

  • Dischem
  • Clicks
  • Medirite

Lojaliteitsprogram – kleinhandelswinkel

  • Pick n Pay
  • Checkers
  • Spar

Lughawe

  • Kaapstad Internasionaal
  • O.R. Tambo
  • Lanseria

Lugredery

  • Fly Safair
  • Mango
  • Kulula

Mediese fonds

  • Discovery
  • Gems
  • Bonitas

Meubelwinkel

  • Tafelberg
  • House & Home
  • Lewis

Motorfabrikaat

  • Toyota
  • Volkswagen
  • Ford

Motorfietsfabrikaat

  • BMW
  • Honda
  • Yamaha

Motorverhuring

  • Avis
  • Europcar
  • Hertz

Nasionale radiostasie

Nie-alkoholiese drankies

  • Savanna
  • Heineken
  • Castle

Notaboek (tablet)

  • Samsung
  • Apple
  • Lenovo

Onderdele-verskaffer

  • Midas
  • Goldwagen
  • Autozone

Ontbyteetplek

  • Wimpy
  • Spur
  • Mugg & Bean

Padwedloop

  • Comrades
  • Spar Wedloop vir Vroue
  • Two Oceans

Pasteikonsessie

  • King Pie
  • Pie City
  • Pieman’s

Pizza-wegneemete

  • Debonairs
  • Roman’s
  • Panarottis

Openbare vervoer

Reisagentskap

  • Flight Centre
  • Pentravel
  • Sure Travel

Rekenaar/elektroniese winkel

  • Incredible Connection
  • Computer Mania
  • Matrix

Rekenaar – tafelrekenaar

  • Dell
  • HP
  • Lenovo

Rugbyspan – provinsiaal

  • Stormers
  • Blou Bulle
  • Cheetahs

Selfoon – produk

  • Samsung
  • Apple
  • Huawei

Sjampanje/vonkelwyn

  • JC Le Roux
  • Moët
  • Pongracz

Skryfbehoeftewinkel

  • PNA
  • CNA
  • Waltons

Skootrekenaar

  • Dell
  • HP
  • Lenovo

Sleepwa

  • Venter
  • Jurgens
  • Campmaster

Sooibrandmiddel

  • Gaviscon
  • Rennie
  • Eno

Speelgoedwinkel

  • Toys R Us
  • Toy Kingdom
  • Crazy Store

Sportdrankies

  • Energade
  • Powerade
  • Red Bull

Sportwinkel

  • Sportsmans Warehouse
  • Mr Price Sport
  • Totalsports

Suiker

  • Huletts
  • Selati
  • Illovo

Telekommunikasie

  • Vodacom
  • Telkom
  • MTN

Tersiêre instelling (universiteit)

  • Universiteit Stellenbosch
  • Universiteit van Pretoria
  • Noordwes-Universiteit

Tersiêre instelling (kollege)

  • TUT
  • Boland Kollege
  • Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie

Troeteldierkos

  • Hills
  • Montego
  • Bobtail

Televisiekanaal

  • kykNET
  • M-Net
  • eTV

Tydskrif

  • Huisgenoot
  • Sarie
  • Weg

Varsproduktewinkel

  • Food Lover’s Market
  • Woolworths
  • Checkers

Verf

  • Dulux
  • Plascon
  • Prominent Paints

Verkoue- en griepmiddels

  • ACC 200
  • Corenza C
  • Vicks

Versekering

  • Santam
  • Outsurance
  • Sanlam

Voertuigbattery

  • Willard
  • Sabat
  • Exide

Voertuigfinansiering

  • Wesbank
  • Absa
  • MFC

Vragmotor

  • Mercedes
  • Volvo
  • Scania

Vrugtesap

  • Liqui Fruit
  • Ceres
  • Henties

Vulstasie

  • Engen
  • Sasol
  • Shell

Vulstasiewinkel

  • Woolworths
  • BP Express
  • Freshstop

Warm drankies

  • Milo
  • Nescafé
  • Jacobs

Wegneemetes

  • KFC
  • Steers
  • McDonald’s

Wyn

  • Four Cousins
  • KWV
  • Robertson


GEBORG

Klein-Kariba

Klein-Kariba

Klein-Kariba is die ATKV se avontuur-oord wat spog met ’n verskeidenheid ontspanningsgeriewe, ander geriewe en aktiwiteite soos trapbootjies, perde, put-put, waterglybaan en nog vele meer. Hierdie pragoord bied ook ’n wye verskeidenheid bekostigbare verblyf vir almal met egte Bosveld-gasvryheid soos die berghuise, houthuise, vishoekhuise, asook verskeie woonstelle. Danksy elkeen wat gereeld ’n draai by die juweel van die bosveld kom maak, is ATKV-Klein-Kariba een van die gesogste vakansiebestemmings in Suid-Afrika! As jy ruskans kort en op soek is na ware Bosveldgasvryheid, loer hier!

ATKV Hartenbos

ATKV Hartenbos is jou tuiste langs die Tuinroete wat sakpas-gesinsvakansies moontlik maak. Hartenbos spog met ’n verskeidenheid aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en ander geriewe wat alles bied wat jou hart begeer. Die verblyfopsies is legio – bespreek by die luukse Seefront Solders, die strandhuise of selfs die kampeerterrein wat so naby aan die strand is dat jy die see kan proe, of span uit in ’n gemaklike rondawel. Danksy elkeen se lojale ondersteuning, is ATKV Hartenbos aangewys as die wenner van Rapport se Leserskeuse-kompetisie. Klik hier as jy op soek is na die perfekte gesinsvakansie.

Midas

Midas het in 1983 tot stand gekom en bied ’n vriendelike inkopie-omgewing vir onderdele en enige ander motorverwante produkte aan die publiek. Oor bykans 40 jaar het Midas gegroei en van krag tot krag gegaan deur die entrepreneursgees van hul konsessiehouers sowel as die voortgesette lojaliteit van hulle kliënte oor die land heen. Midas is trots om meer as 300 afsetpunte in Suider-Afrika te hê, wat ingeligte advies tesame met gehalteprodukte verskaf. Hulle wil graag al hul kliënte bedank wat hulle bygestaan het om die fantastiese mylpaal te bereik en nooi hulle uit om Midas se moderne winkels met hul nuwe voorkoms te besoek en die Midas-gasvryheid te ervaar.

KWV

KWV is reeds meer as ’n eeu deel van die Suid-Afrikaanse wynbedryf en is onlosmaaklik deel van die land se kultuur. Hierdie handelsmerk wéét dat Suid-Afrikaners veral een ervaring na waarde skat: lekker wyn, saam met lekker mense. KWV is daarom verheug dat dit goud verower het in Rapport se Leserskeuse-kompetisie – ’n uitslag wat toon dat KWV wynliefhebbers onvoorwaardelik dien. Met sy 11 verskillende enkelversnitwyne, twee vonkelwyne en drie gefortifiseerde wyne, bied die elegante KWV Classic-reeks ’n wye keuse vir verskeie familie- en kuierbyeenkomste. Bestel die volledige reeks aanlyn by kwvemporium.co.za.

Bok Radio

In Maart 2011 het ’n blinknuwe Afrikaanse gemeenskapsradiostasie die lig gesien, Bok Radio, met die doel om die noordelike voorstede van die Wes-Kaap te dien, om Afrikaanse musiek en kultuur te bevorder en om almal wat wil luister te vermaak, op te voed en te inspireer. Selfs met hierdie nederige begin, kon die bestuurspan, met Wimpie van der Sandt aan die stuur, baie vinnig sien dat hierdie iets spesiaal gaan wees. Hulle was positief en opgewonde oor die toekoms van Bok Radio. Nou, 10 jaar later, staan Bok Radio steeds sterk en spog hulle ook met ’n hele paar ekstras wat hierdie besonderse radiostasie laat uitstaan en in ’n klas van sy eie plaas. Die indrukwekkende nuwe perseel waarvan hulle deesdae uitsaai, beskik ook oor ’n restaurant, koffiewinkel en teater.

Mica

Mica is die tuiste van “Kom ons wys jou hoe” en een van die grootste hardeware-kleinhandelaars in sub-Sahara-Afrika. By Mica spesialiseer hulle in hardeware, elektriese gereedskap, verf, tuin, swembadversorging, boumateriaal, badkamerbenodigdhede, elektriese produkte, loodgieterswerk, buitenshuis en nog baie meer. Met meer as 160 winkels landwyd, hou Mica voorraad van bekende handelsmerke van hoëgehalte, soos Bosch, Plascon, Dulux, Duram, Ryobi, Ingco, Lawnstar, Alcolin, Powafix, Gardena, Ellies, Efekto en veel meer aan - alles om jou te help met jou doen-dit-self- en huisverbeteringsbehoeftes! Mica sê dankie aan al hul getroue en toegewyde kliënte vir hul volgehoue ondersteuning. Hulle is geëerd om hierdie toekenning te ontvang! Mica is trots om voort te gaan om plaaslike gemeenskappe te bedien met gehaltediens en -produkte. Weereens baie dankie dat jy Mica Hardware gekies het – jou trotse plaaslike hardewarewinkel! #MakeitwithMica #LetUsShowYouHow

Andolex

Seer kele kan deur virusse of bakterieë veroorsaak word. Virusse is verantwoordelik vir 85% tot 95% van seer kele by volwassenes. Die Andolex®-C Oral-mondspoel en -sproei is ’n vier-in-een-behandeling met pynstiller, narkose, anti-inflammatoriese en antiseptiese eienskappe, om vinnig en doeltreffend verligting van ’n seer keel in slegs vyf minute te bied.

SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue

Byna 60 000 Suid-Afrikaners van regoor die land het vanjaar die strate en voetslaanroetes ingevaar vir die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue, deur te demonstreer hoe hulle #LiveLimitless ondanks die beperkings waarmee hulle te kampe gekom het. Nou in die tweede jaar, het die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue familie, vriende, kollegas, bure en vreemdelinge bymekaar gebring in ’n vertoning van kameraadskap. Deur deel te neem aan vanjaar se wedloop kon deelnemers hul solidariteit toon en ’n merkwaardige verskil in die lewe van jong meisies maak. SPAR kan met trots aankondig dat meer as 100 000 pakkies sanitêre produkte deur hierdie wedloop aan meisies in verskillende dele van die land geskenk kan word.

The Courier Guy

Verlede jaar het die koerierdiens The Courier Guy ’n Jou Keuse-prys ingepalm, vanjaar het hy nog beter gevaar en is deur Rapport se lesers as hul gunstelingkoerierdiens aangewys. The Courier Guy het ook verlede jaar sy 20ste verjaardag gevier, ten spyte van moeilike tye. Dit is 20 jaar waarin die maatskappy onverpoos gewerk het om Suid-Afrika se natuurlike keuse vir ’n koerierdiens te wees en die jongste eerbewys wys dat hy daardie doel bereik het. Die inperkings het Suid-Afrikaners verskeie lesse geleer. Een daarvan is dat aanlyninkopies en tuis- of kantooraflewerings kinderspeletjies is as The Courier Guy dit vir jou doen. The Courier Guy is heel vindingryk wanneer dit kom by nuwe konsepte en geleenthede. So word sy kliënte verseker van die jongste innovering in die koerierbedryf. Nog ’n les is dat die kontaklose hantering van pakkies via Pudo niks is om voor bang te wees nie.

PNA Canal Walk

PNA is ’n gevestigde Suid-Afrikaanse franchise-handelsmerk en ’n markleier in die kleinhandelbedryf. Hulle doel is om ’n verskeidenheid gehalteprodukte teen die beste pryse te bied; en voortdurend persoonlike kliëntediens en eiesoortige kliënte-ervarings te bied; om aan die behoeftes van studente, professionele persone, stokperdjie-entoesiaste en gesinne te voldoen. Met ’n uitgebreide produkreeks wat in groot departemente van skryfbehoeftes, kuns en kunsmateriaal, boeke en opvoedkundige boeke aangebied word, is PNA eenvoudig Suid-Afrika se gunsteling-kleinhandelaar. Vandag is die groep geëerd om ’n kleinhandelsmerk te handhaaf wat gebaseer is op gehalteprodukte en uitstekende kliëntediens. PNA bevorder ’n handelsmerk wat toegewy is aan die bevordering van gesinswaardes, gewillige en bekwame werknemers en integriteit in alle transaksies.

besig om te laai... Regstreeks
Knights 223/3
Western Province 59/3
besig om te laai... Regstreeks
Marumo Gallants FC 2
Royal AM 0
besig om te laai... Regstreeks
Oman 0
Bangladesh 63/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
14.57
+0.9%
Rand - Pond
20.08
+0.4%
Rand - Euro
16.98
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.8%
Goud
1,771.84
+0.4%
Silwer
23.97
+3.3%
Palladium
2,090.93
+3.6%
Platinum
1,044.00
+0.4%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,320
-0.1%
Alle aandele
66,912
-0.1%
Hulpbronne 10
64,002
-0.6%
Industriële 25
84,631
+0.5%
Finansiële 15
13,990
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy
Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos