OVEX: Die privaat bank van kriptogeld

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
OVEX, Suid-Afrika se voorste kripto-geldeenheidbeurs, bied met hul kragtige platform vir kliënte veilige, persoonlike en geïntegreerde toegang tot die kripto-wêreld. Foto: Verskaf

As die voorste kripto-arbitrage-platform en digitale valuta-wisselaar in Suid-Afrika, slaag OVEX in sy doel om ’n oop, veilige en doeltreffende finansiële stelsel te bou.

Kripto-geldeenhede maak nou vinnig naam as die toekoms van finansies. Hoewel die groei daarvan teen ’n eksponensiële tempo versnel, is die kripto-sfeer steeds vir baie ’n raaisel.

OVEX bied ’n oplossing.

As Suid-Afrika se voorste kripto-geldeenheidbeurs, bied OVEX se kragtige platform vir kliënte veilige, persoonlike en geïntegreerde toegang tot die kripto-wêreld.

Kliek hier om meer uit te vind.

Hoe doen hulle dit?

OVEX werk saam met toonaangewende maatskappye in die kripto-geldeenheidmark om te verseker dat kliënte al die voordele van hierdie tegnologieë ten volle kan benut – betroubare, veilige identiteitsdienste, maklike arbitrage-handel en kitshandel teen ’n baie goeie prys.

Hul sleutelwaarde-aanbod is in drie kernaanbiedings:

  • OTC-lessenaar (oor-die-toonbank-handel)
  • Arbitrage-diens
  • Rentedraende rekening – verdien tot 18% jaarlikse rente op sekere kripto-geldeenhede

Hierdie dienste bied Suid-Afrikaners die opsie om digitale bates (byvoorbeeld bitcoin en “altcoins”) te koop en verkoop, terwyl hulle addisionele beleggingsprodukte aanbied om vinnige handel te finansier en arbitrage-geleenthede in die mark te benut.

’n Revolusionêre aanbod is die OTC-lessenaar en makelaarsplatform – makelaars kan hul kliënte inteken en namens hulle handel dryf. Dit maak handel meer toeganklik vir ywerige beleggers en tegnies-vaardige kliënte.

Waarom jy jou geld met OVEX moet belê

OVEX is ’n markleier op die gebied van nakoming en teengeldwassery (AML).

Hulle is meer as ’n betroubare vennoot, en hul stelsel is so ontwerp dat die kliënt nooit verloor nie.

Kapitaal is altyd gewaarborg, dus selfs as daar ’n verlies is, sal OVEX die tekort dek. Kapitaal word gewaarborg op handel volgens OVEX se arbitrage-diensvoorwaardes.

Die OVEX-verspreiding sal verminder as die arbitrage laag is om te verseker dat die kliënt ’n wins maak.

Waarom doen hulle dit?

Die OVEX-verspreiding verminder dinamies op lae arbitrage, sodat 1% die maksimum fooi is wat gevra word.

Hierdie alomvattende verspreiding vir arbitrage-handeldrywe is ’n lae 1%, wat die koste van die uitvoer van buitelandse valuta insluit (vir OTC-handel is die verspreiding 0,25%, en handelaars met groot volume hoef geen heffing te betaal nie).

Die lae 1%-verspreiding vir arbitrage-beleggingsdienste is een van OVEX se sterkste punte.

Deur die grootste kripto-geldeenheid Prime Brokerage en OTC-lessenaar in Afrika te hê, kan individue met ’n hoë nettowaarde maklik arbitrage-handel oor ’n privaat en veilige kanaal doen.

Handel van hierdie omvang, tesame met OVEX se veilige finansiële steun deur Invictus (’n toonaangewende kripto-beleggingsgroep), verseker voldoende likiditeit binne die stelsel.

Hoe groter die likiditeit, hoe makliker is dit vir OVEX om ’n lae verspreiding van 1% oor beleggings aan te bied.

Dit maak dit op sy beurt makliker vir kliënte om arbitrage-geleenthede te benut.

Hierdie stelsel is voordelig vir handelaars as ’n winsaandeelstruktuur – aangesien die arbitrage dikwels baie hoog is, word hierdie vaste 1% ’n klein persentasie van die totale wins wat kliënte kan verdien.

Waarom die verspreiding?

OVEX het wat andersins ’n omslagtige proses is, meer vaartbelyn gemaak. Dit is nie onmoontlik om dit self te doen nie, maar talle verkies om vir die diens te betaal.

Is jy gereed om met kripto-geldeenhede in Suid-Afrika te handel?

As jy gereed is om te belê of met digitale bates in Suid-Afrika wil handel dryf, teken dan vandag aan by OVEX.

Kliek hier as jy meer oor OVEX-arbitrage wil leer.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.08
-0.9%
Rand - Pond
21.28
-0.4%
Rand - Euro
18.18
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.26
+0.4%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,784.01
+0.9%
Silwer
22.52
+0.6%
Palladium
1,798.46
+0.8%
Platinum
934.50
-0.6%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,307
-0.4%
Alle aandele
70,808
-0.3%
Hulpbronne 10
66,503
-1.6%
Industriële 25
93,791
+0.1%
Finansiële 15
13,982
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos