Semigrasie duur voort, sê Brenthurst

akkreditasie

Die afgelope dekade of so is gekenmerk deur twee baie duidelik identifiseerbare demografiese patrone, veral wat betref hoër inkomstegroepe in Suid-Afrika.

Ten eerste was daar ’n merkbare oplewing in die aantal mense en gesinne wat landuit is na veral lande soos Nieu-Seeland, Australië, die Amerika’s en die Verenigde Koninkryk.

Die ander, veel groter stroom, was mense wat van die noorde van die land na kusgebiede verhuis het, veral na die Wes-Kaap.

Dit is baie duidelik te sien in die instroming van gesinne en hul kinders na dorpe en stede soos Stellenbosch, Kaapstad, die Paarl en Franschhoek en ook die Suid-Kaap.

André Basson
André Basson is die hoof van Brenthurst Wealth in Val de Vie. (Foto: Verskaf)

Brenthurst Wealth het hierdie tendens ook nie vrygespring nie en moes tien jaar gelede, met die opening van sy eerste kantoor in Tygervallei-Bellville, letterlik saam met sy vermoënde kliënte trek ten einde die sakeverhouding voort te sit.

Hierdie stroom het die afgelope tyd eenvoudig nog groter geword en vandag het Brenthurst vier kantore in die Kaapse Skiereiland, in Tygervallei, die Waterfront, Stellenbosch en Claremont.

Maar selfs in die Wes-Kaap is daar nou ’n ander migrasie-tendens: mense en gesinne skuif van Kaapstad as gevolg van verkeer en misdaad na landelike omgewings en ontwikkelings soos Val de Vie net buite die Paarl, skaars 35 minute van die middestad van Kaapstad.

“Voor die Covid-19-pandemie was daar alreeds tekens dat mense uitwyk na ontwikkelings soos Val de Vie,” sê Ryk Neethling, bemarkingshoof van die veelbekroonde Val de Vie-landgoed, “maar sedertdien het die stroom ongelooflik gestyg soos wat professionele mense agterkom dat hulle nie meer kantoorgebonde hoef te wees nie. Deur middel van Zoom en MS Teams onder meer, het professionele mense besef dat hulle vanuit hul pragtige tuiskantore net so goed sake kan doen as agter ’n lessenaar in die middel van Kaapstad.”

Dis een van die redes waarom Brenthurst Wealth besluit het om ’n kantoor by die Polo Village-kantoorkompleks te open wat sy groterwordende aantal kliënte binne die landgoed sal bedien.

“Val de Vie is 'n besonderse landgoed – nie alleen in Suid-Afrika nie, maar ook wêreldwyd – en bied ’n veilige leefstyl aan gelukkige inwoners. Dit verteenwoordig ook ’n besonderse versameling van suksesvolle sakemanne, entrepreneurs en professionele mense wat internasionale beleggingsadvies vereis,” sê Magnus Heystek, stigter van Brenthurst Wealth en self ook ’n huiseienaar op Val de Vie.

“Dis glad nie vergesog om die oggend 40 km op jou bergfiets te ry, sonder om die ontwikkeling te verlaat nie, en dan, na ’n vinnige induik in die 50 m- Olimpiese swembad, oor ’n heerlike koppie koffie jou wêreldwye portefeulje te bespreek nie,” voeg hy by.

Met die opening van die nuwe kantoor in die Polo Village-kantoorkompleks, hoef beleggers nêrens heen te ry om beleggingsadvies van die hoogste gehalte te kry nie.

Brenthurst Wealth is vroeër vanjaar vir die tweede keer in vier jaar aangewys as die top-boetiekwelvaartbestuurder in SA, soos gemeet deur die Intellidex-oorsig.

Die afgelope tien jaar, maar veral in die afgelope vyf jaar, was daar ook ’n wesentlike kentering in die houding van SA beleggers jeens buitelandse beleggings.

Die meeste suksesvolle beleggers sit met tussen 60% en 80% van hul likiede bates in die buiteland, waar groot opbrengste die afgelope dekade verdien is. Daarenteen het die plaaslike JSE oor vyf jaar met feitlik zero gegroei.

Deur middel van Zoom en MS Teams onder meer, het professionele mense besef dat hulle vanuit hul pragtige tuiskantore net so goed sake kan doen as agter ’n lessenaar in die middel van Kaapstad.

Plaaslike beleggers is ook nou baie gemaklik om te praat oor die wel en weë van internasionale reuse-maatskappye soos Tesla (met sy Suid-Afrikaanse konneksie), Netflix, Amazon, Apple, Google en dies meer.

Daarby is daar die toenemende kompleksiteit van wêreldwye boedels wat advies en kennis van internasionale regulasies en jurisdiksies vereis. In hierdie verband het Brenthurst twee spesialis-regsgeleerdes in Malissa Anthony (Stellenbosch) en Rozanne Heystek-Potgieter (Fourways), wat spesialiseer in die opstel van globale testamente en afhandeling van wêreldwye boedels en die oprigting van trusts, via die Mauritius-kantoor van Brenthurst.

  • André Basson (B.Com. Hons.) is pas aangestel as die hoof van Brenthurst Wealth se nuwe kantoor in die Val de Vie-landgoed. Basson is as een van die topdrie-verhoudingsbestuurders in Suid-Afrika aangewys in die 2020 Intellidex-toekennings vir private banke en welvaartbestuurders.
  • Vir meer inligting stuur gerus e-pos na andre@brenthurstwealth.co.za of besoek www.bwm.co.za.
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 465/9
Sri Lanka 397/10 & 104/2
Rand - Dollar
15.98
+0.7%
Rand - Pond
19.79
+0.3%
Rand - Euro
16.78
+0.3%
Rand - Aus dollar
11.21
-0.2%
Rand - Jen
0.12
+1.2%
Goud
1,815.87
-0.1%
Silwer
21.47
+0.3%
Palladium
2,028.50
+0.6%
Platinum
933.50
-0.5%
Brent-ruolie
109.11
-2.6%
Top-40
62,494
0.0%
Alle aandele
69,083
0.0%
Hulpbronne 10
71,795
0.0%
Industriële 25
76,804
0.0%
Finansiële 15
16,026
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos